Arniston Spa Hotel

Walviskyk in Hermanus

Hermanus spog met die toekenning vir die beste landelike uitkykpunt vir walvisse in die wêreld. Om die rede word hierdie andersins rustige dorp elke jaar die tyd toegesak deur besoekers wat waardering het vir die Southern Right en Humpback walvisse. Die inwoners van die dorp het hierdie natuurlike gebeurtenis omskep in ‘n jaarlikse fees waarvan hierdie een al die 24ste een sal wees. In 2014 het Hermanus meer as ‘n 100 000 besoekers ontvang. Die Hermanus Walvis Fees is die enigste Natuur – Kuns fees in die land en vind hierdie jaar plaas vanaf 2 tot 4 Oktober.

Hierdie besonderse diere beweeg van die Atlantiese Oseaan na die Wes Kaap se kus om geboorte te gee, en hul kleintjies te versorg. Vanaf Durban tot by Kaapstad is ‘n strook al langs die kus, wat as die Walvis Roete bekend staan. Die roete sluit die pragtige Tsitsikamma en die hele Tuinroete in. Hermanus, is beslis een van die bekendste plekke om te gaan walvisse kyk. Die rede waarom Hermanus so ideal is, is omdat die kranse in daardie omgewing jou ongelooflik naby aan die water en aan hierdie enorme dier kan kry.

Ander plekke wat volgens ons bronne ook populêr vir walvis kyk is, is Lamberts Baai, Saldanha Baai, Vals Baai, Betty’s Baai, Gansbaai, Kaap Agulhas, De Hoop, Stil Baai, Mossel Baai, Ballot’s Baai, Victoria Baai, Knysna Koppe, Plettenberg Baai en die Robberg Skiereiland.

www.satourismonline.com
www.hermanusonline.co.za