Arniston Spa Hotel

Uitnemendheid

‘n Mens wonder altyd wat gaan gebeur wanneer ‘n besigheid van eienaar verwissel, en ek moet sê ek was aangenaam verras met Wimpy Bredasdorp. Henry Delport is die nuwe eienaar van hierdie restourant sedert 1 Augustus 2015. Hy het verskeie verbeteringe aangebring waarvan ‘n spesiale speelarea vir die klein kindertjies een is, wat tot gevolg het dat daar nou op meer gereelde basis kinderpartydjies aangebied word.

Die gedugte span van 18 werknemers laat alles sommer seepglad verloop en daar heers ‘n opgewekte atmosfeer. Die besigheid spog met ‘n groei in omset van 118% in Mei vanjaar teenoor die omset van Mei 2015, wat sowaar loofwaardig is! Hulle is tans die beste Wimpy in die Wes Kaap.

The Overberg Business Magazine het vir Henry gevra wat hy dan nou doen om so suksesvol te wees. Sy antwoord was eenvoudig: Volg die regte prosedures, hou by die resep, luister na jou kliënte en wees konsekwent.