Arniston Spa Hotel

Toerisme ‘n belangrike drywer in die ekonomie

3rd Business Connect Meeting held on 23 September 2015

A great thank you again to The Michael Collins Irish Pub and Restaurant for their hospitality and the delicious platters they prepared for us. To our readers, be sure to visit them in Struisbaai in the near future.

Annelien Snyman, Hoof Uitvoerende Beampte van Kaap Agulhas Toerisme het ons kom toespreek. Haar tema was – TOERISME ‘N BELANGRIKE DRYWER IN DIE EKONOMIE.

Hier is ‘n opsomming van haar gedagtes:

Besighede moet besef ‘n toeris is nie net ‘n reisiger op vakansie nie, dit is enige iemand wat buite sy gebied waar hy woon, reis, wat dan ook persone insluit wat vir besigheid reis.   Besighede moet kan voorsien in die behoeftes van alle besoekers.  Dit gesê, kan ons sien dat toerisme en besigheid hande sal moet vat en saamwerk.  Ons het ‘n verantwoordelikheid teenoor ons toeriste – daarmee word bedoel dat ons toeriste nodig het vir die voortbestaan en volhoubare groei in ons ekonomie.  Standaarde sal moet geslyp word om ons area op te lig, ons “customer care” moet bietjie afgestof word.  Is ons reg hiervoor, bied ons wêreld standaard diens en produkte aan ons besoekers?

Toerisme is ‘n industrie wat unieke geleenthede het en bied vir beide ekonomiese en omgewings volhoubaarheid.  Projek Khulisa (wat beteken “om te groei” in isiXhosa), uitgerol deur Minister Alan Winde, het die volgende sektore (Toerisme, Landbou-prossesering, Olie en Gas) uitgesonder wat die grootste potensiaal het vir ekonomiese groei en werkskepping oor die volgende drie tot vyf jaar.

Kom ons vra onsself na aanleiding van bogenoemde projek, is ons gereed om deel te wees van die “game changer”, soos dit genoem word.

Ons kan of deel wees van verandering of ons koppe in die sand begrawe en die kans laat verbygaan wat vooruitgang in ons gemeenskappe kan bring.

Kom ons doen self ondersoek en vra onsself:

*           Is ons dienste en produkte op standaard?

*           Is ons ingelig?

*           Is ons goeie gashere vir ons besoekers?

*           Sal hulle wil terug kom vir meer?