Xplorio Overberg

STOP KALK IN SY SPORE

Die Israelies-vervaardigde PTH Water kondisioneerder stelsel.

WAT IS ‘N PTH?

‘n PTH – die afkorting staan vir PERFEKTE TEEVOETER VIR HARD-HEID – is ‘n in-lyn, chemikaliee-vrye, veeldoelige katalitiese omsetter, spesifiek ontwerp om die nadelige effekte van harde water uit te skakel, en sodoende sensitiewe implimente te beskerm.  Dit bied die verbruiker ‘n reeks bykomende voordele wat wissel van gesondheidsverbetering, tot die aanwakkering van kontantgewasse, tot die verbetering van die smaak van brak water.

HOEKOM HET EK HIERDIE STELSEL NODIG?

Is jy raadop met harde water? Het die geiser vir die soveelste keer gebreek? Skuim jou seep nie? Jeuk jy as jy klaar gestort of gebad het? Het jy al duisende Rande spandeer om jou wasmasjien, jou skottelgoedwasser of jou ysmasjien in stand te hou? Dis alles die gevolg van een enkele faktor:  KALK. Kalk word veroordsaak deur die teenwoordigheid van Kalsium (Ca) en Magnesium (Mg) in die water. Sodra water wat hierdie stowwe bevat verwarm word, slaan dit onmiddellik neer in die vorm van ‘n aanpaksel. Dis ‘n karbonaat, of CaCo3 of MgCo3. En dit kos jou geld! Een millimeter kalk veroorsaak onmiddellik ‘n styging in kragverbruik van 10%!

WAARVOOR WORD DIE STELSEL GEBRUIK?

  • Voorkoming van kalksteen aan-paksels en roes.
  • Verwydering van reeds gevormde kalk- en roesneerslae en aan-paksels.
  • Bekamping van yster- en man-gaan-neerslae.
  • Vermindering van oksidasiepro-sesse met gepaardgaande neer-slae.
  • Vermindering van gasinhoud van water.
  • Verbetering van smaak, onder andere brak, chloor en swael smaak.
  • Verbetering van wasvermoë van-weë ” natter ” water.
  • Verhoging van grondinfiltrasie-vermoë.
  • Verbetering van saadontkieming.
  • Verbeterde plantegroei en ver-hoogde produksie.
  • Voorkoming van verbrakking van grond.
  • Verbeterde benutting van swem-bad-chemikalië
  • Verminderde algegroei in swem-baddens en suipkrippe

Uit ‘n gesondheidsoogpunt, sal jy jou liggaam ‘n reuse guns bewys deur PTH-behandelde water te drink.  Lees verder in die volgende uitgawe van hierdie tydskrif.