Xplorio Overberg

NAMPO KAAP 2019

Die organiseerders van die 2de Nampo Kaap,

is opgewonde om die volgende rakende die Nampo Kaap Expo te deel. Daar sal vanjaar 200 buite-uitstallers wees en ongeveer 270 uitstallers in die sale, wat die vee-uitstalling insluit. Besoekers kan ook uitsien na ʼn baie groter Nedbank blomuitstalling en moet verseker die fokus op ʼn groter verskeidenheid van blomme kom besigtig.

Nog ʼn eerste by NAMPO Kaap is die aanbieding van die Landbou Boereplanne.

Inskrywingsvorms is op die Graan SA-webblad beskikbaar met groot pryse op die spel! Inskrywings sluit 26 Augustus 2019 en ou en nuwe planmakers sal moet spring om hul planne in te skryf.

Die Media24  damesprogram…

…beloof om weer ʼn treffer vir die dames te wees, met Kevin Leo (geborg deur Afgri) as gaskunstenaar om die dames met sang te vermaak en sy liefde vir kos en kook aan hul oor te dra. Die volledige damesprogram sal eersdaags op die verskeie webblaaie en sosiale media beskikbaar wees.

Nasie in Gesprek…

…sal die gebruiklike aktuele onderwerpe daagliks deur middel van paneelbesprekings aanvat met sake na aan elke landbouer se hart, soos onder andere die Landboutoekoms in die Kaap, alternatiewe gewasse vir graanprodusente en die wingerd- en vrugte bedrywe wat bespreek sal word. Hierdie program sal ook binnekort gepubliseer word. Met die verskuiwing van die Engen 4×4-baan na die saadplotarea van die terrein, gaan daar hierdie jaar  demonstrasies aangebied word, deur die onderskeie voertuig-uitstallers. Demonstrasies sal daagliks om 10h00 en 14h00 onder toesig op die baan gedemonstreer word.

Met die vooruitsig op ʼn groter NAMPO Kaap in 2019,

is voorsiening vir meer parkeerruimtes gemaak tesame met meer toegangshekke wat besoekers maklik, en sonder om te vêr te loop, toegang tot die terrein sal verleen. Meer kiosks sal ook verseker dat besoekers die hongerpyne kan stil en die dors vinnig kan les. Die FNB-tent ‘n nuutjie op die Park vanjaar, sal ontbytsessies, lesings, aanbiedings en nog vele meer aktiwiteite huisves, met ʼn volledige program wat die dag se gebeure uiteen sal sit. Verskeie aanbiedinge in die FNB-tent sal op nuwe era produsente gefokus wees.

‘n Vol en interessante veeprogram sal daagliks in die Voermolsaal aangebied word – in die verskeie veeringe sowel as in die hoofarena. Die Overberg Jeugskou, en die Alpha Landbou Skole Program, perde en ponie vertonings sowel as die Overberg Jersey skou, vorm deel van die program.

Toegangskaartjies is alreeds vanaf 1 Julie  beskikbaar op die TicketPro-webblad, met ʼn R10-besparing op aanlyn-kaartjies. Toegangsfooie is R60-aanlyn en R70 by die hekke vir volwassenes en R20 vir skoolgaande kinders.

NAMPO Kaap 4-6 September 2019  te Bredasdorp Park!

Hekke open 08h00 daagliks en sluit om 17h00.  Die 2019-tema is “Winde van Vooruitgang” – so gepas vir die mooie Kaap, sal besoekers beslis nie teleurgestel wees nie, daar is iets vir almal om te bewonder, te koop en na uit te sien!