Arniston Spa Hotel

Business Connect – Refleksie

Besondere eienskappe van entrepreneurs.

Ons staan weer aan die begin van ‘n nuwe jaar met nuwe uitdagings maar ook nuwe moontlikhede. By ons eerste byeenkoms vir 2016 het ons besigheidseienaars gereflekteer op die jaar wat verby is. Ons het met mekaar ons suksesse en ook ons mislukkings gedeel. Ons as entrepreneurs glo ons besit besondere eienskappe wat ons in staat stel om eerstens die moed te hê om ons eie ondernemings van stapel te stuur en dan daarna vol te hou daarmee.

  1. Eerstens is ons positiewe, visionêre denkers met groot drome en doelwitte.
  2. Ons is kreatief en innoverend want ons moet altyd een stappie voor die kompetisie wees. En as iets nie uitwerk soos ons gedink het dit sal nie, moet ons met goeie oplossings vorendag kom. En dit wat ons uitdink moet nuut en opwindend wees.
  3. Ons het deursettingsvermoë. Aan die begin van enige onderneming is daar legio struikelblokke wat ‘n mens laat twyfel oor waarin jy jouself begewe het, en om dan aan te hou en moed te hou is ‘n kuns en verg ‘n konstante keuse.
  4. In ‘n suksesvolle besigheid word daar ook aandag gegee aan daardie klein irriterende sakies.
  5. Ons het die vermoë om op te staan as ons geval het, keer na keer na keer. Daar is ‘n ongelooflike mooi Engelse woord daarvoor…resilience! Laasgenoemde is saamgestel uit twee Latynse woorde, “re” wat “back” beteken en “salire” wat beteken “to jump”. Die samestelling vereis dus die volgende, “to jump back”. As iets jou platgeslaan het, kies jy om weer op te staan?